|
Musiek Sterre Plakboek & Plakkers is 'n relatiewe 'ou' idee wat 'n splinternuwe baadjie gekry het. Die oorspronklike idee is 'n eerste vir afrikaanse musiek en is die oorsprong van niemand anders as Suid Afrika se blou-oog sanger Kurt Darren. Die plakboek idee gaan verseker verder gevat word met 'n volgende Musiek Sterre plakboek wat alreeds in beplanning is maar dit gaan verseker nie net by Afrikaanse Musiek Sterre bly nie...
Musiek Sterre bied jou nie net n nabye kyk na van jou gunsteling Musiek Sterre nie, dit bied jou meer kompetisies as wat jy aan kan dink, en natuurlik die inter-aktiwiteit tussen kunstenaars en bewonderaars wat met geen ander medium kan bereik word nie.
Die plakboek is propvol inligting, fotos (wat nog nooit gesien is nie), toer datums, kompetisies, persoonlike boodskappe en natuurlik 'cartoons' wat 'n unieke diepte aan elke kunstenaar se dubbel bladsy bring. "Die plakboek kan net 'n sukses wees" met media vennote soos: Huisgenoot, Jacaranda FM, Kyknet en Rapport. Musiek Sterre is verseker hier om 'n inpak te maak.
Hou die spasie dop vir meer inligting wat binnekort beskikbaar sal wees!
|